​25 ontwerpwenke vir klein vertrekke

Johannes van Graan Johannes van Graan
Altbau Sanierung, Design Design Nhà bếp phong cách chiết trung
Loading admin actions …

Nie almal van ons is gelukkig genoeg om in tamaai groot huise te bly nie; dus, somtyds moet die meeste van ons maar heel kreatief raak om klein spasies nie net mooi en vrolik te laak lyk nie, maar ook om seker te maak die eindresultaat is prakties en gemaklik.

Maar gelukkig het ons dié paar wenke om te help, hetsy jy nou jou klein sitkamer, gang, kombuis of slaapkamer moet optower…

1. Wie’t gesê jy kan nie jou klein kombuis se hoek spasies gebruik nie?

2. Oopplan uitlegte laat ‘n klein huis/vertrek groter voel.

3. Plafonne kan makliker hoër lyk sodra gordyne hoër gehang word.

4. Opvou meubels is perfek om spasie te spaar!

5. So tikkie patroon is altyd welkom, maak net seker dis nie te oorweldigend nie.

6. Ons beveel ligte neutrale kleure aan wanneer dit by mure kom.

7. Moenie groot meubelstukke in die middel van die vertrek plaas nie, aangesien dit spasie opvreet.

8. Dekor is belangrik, maar min spasie beteken jy moet twee keer dink oor als wat jy inbring.

9. ‘n Ingeboude loft is briljant om ‘n ekstra vertrek op te tower, as jy die spasie het.

10. Skuifdeure gebruik minder vloerspasie as swaaideure!

11. Moet nooit die towerkrag van natuurlike lig onderskat nie – maak oop daai vensters!

Vipp kitchen Vipp Nhà bếp phong cách công nghiệp Cabinets & shelves

12. ‘n Konsekwente kleurskema verseker ‘n gladde vloei van vertrek tot vertrek…

13. … maar so bietjie speling van materiale (soos hout) is belangrik om karakter te verskaf.

14. Boekrakke kan tot teenaan jou plafon strek om die vertrek hoër te laat lyk.

15. Wees versigtig met jou versamelstukke – dit vreet maklik spasie.

16. Klein eetspasies kan heel stylvol raak danksy kleure en patrone.

17. Stoorspasie, stoorspasie en nogtans stoorspasie!

18. Onthou dat jy ook van jou mure gebruik kan maak vir bêreplek en hangspasie.

Le contemporain épouse l’ancien, mllm mllm Nhà bếp phong cách chiết trung

19. Spieëls is nie net vir mooiheid nie – hulle help ook om ‘n vertrek groter te laat lyk!

20. Muurdekor moet toegelaat word om asem te haal, andersins lyk die resultaat beknop.

21. ‘n Ingeboude bankie is nie net vir sitplek nie, dit kan ook help met opgaarspasie.

22. Daar is altyd plek vir ‘n paar plante en blomme, aangesien dit help om die lug te suiwer.

Large cream/pink Peony stem Dust Vườn phong cách chiết trung Plants & accessories

23. Jy hoef nie baie spasie af te skort vir jou vierpotige vriende se slaapplek nie!

24. Natuurlik kan jy die spasie onderkant jou trap ook gebruik vir stoorplek.

Under Stairs Storage, buss buss Hành lang, sảnh & cầu thang phong cách hiện đại Storage

25. ‘n Motorhuis is nie net bedoel vir karre nie – wees net slim met vloer- en muurspasie.

Cần giúp đỡ với dự án nhà của bạn?
Liên lạc!

Những nội dung đặc sắc từ tạp chí của chúng tôi