​10 fantastiese houtkaste vir jou huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
Vestidores y Closets de Ensueño , Interioriza Interioriza Phòng thay đồ phong cách kinh điển
Loading admin actions …

Alhoewel baie kaste (hetsy dit nou vir klere of die wegbêre van ander goedere gebruik word) deesdae van metaal gemaak word, kom niks by die treffende styl van houtkaste nie, veral nie dié wat daardie lieflike “vintage” ontwerp geniet nie. Maar natuurlik kan hout net so perfek wees vir moderne ontwerpe, soos wat jy sal sien in hierdie 10 houtkaste wat ons vandag mee gaan spog.

Gooi ‘n oog en besluit maar self watter van hierdie houtkaste die beste gaan lyk in jou slaapkamer / studeerkamer / gang / waarookal.

1. Hierdie klerekas bied soveel potensiaal, danksy sy grootte en verskeie stoorplekkies – en dan praat ons nie eers van daardie merkwaardige ontwerp nie.

2. Aangesien hout in enige kleur voorkom, kan selfs ‘n donker ontwerp (soos hierdie) heel treffend lyk.

3. Ons is mal oor hierdie ontwerp met sy skuifdeur, wat natuurlik perfek kan werk in klein spasies.

4. Jy hoef nie bos te gaan met patrone en ontwerpe nie – hierdie subtiele houtkas geniet ‘n elegante styl wat omtrent in enige vertrek kan pas.

5. Vir ‘n meer klassieke styl, stel ons hierdie een voor met sy sagte kleure en ligte patrone.

6. Hoe sal hierdie moderne ontwerp in jou slaapkamer lyk?

7. Vir dié wat laaie én hangplek benodig, kan hierdie ontwerp met sy donker kleure dalk ideaal wees.

8. Natuurlik benodig die jongspan ook ordentlike stoorspasie én styl, en kyk net na hierdie kas-en-studeertafel ontwerp!

9. Tesame met die vlekvrye staal handvatsels, geniet hierdie houtkas ‘n tradisionele-dog-elegant voorkoms.

10. ‘n Houtkas met só ‘n moderne styl en warm kleur kan enige vervelige vertrek onmiddelik inkleur.

Natuurlik is daar nog vele ander idees vir slaapkamers, soos hierdie 15 kreatiewe kopstukke vir jou slaapkamer.

Cần giúp đỡ với dự án nhà của bạn?
Liên lạc!

Những nội dung đặc sắc từ tạp chí của chúng tôi