​10 idees vir jou tuinpaadjie

Johannes van Graan Johannes van Graan
Residência Unifamiliar Condomínio Alphaville Londrina 2, Santos Arquitetura Santos Arquitetura Nhà phong cách tối giản
Loading admin actions …

Ons het planne vir die voorste tuin, menigte opinies oor jou voordeur, en is propvol van idees vir jou tuin se heining en hekkie – maar wat van die tuinpaadjie wat na jou huis lei? Hoe gereeld sien jy idees hoe om bietjie skoonheid en styl daar by te voeg?

En aangesien eerste indrukke nogal belangrik is, kan jy nie eintlik bekostig om hierdie voorstelle te ignoreer nie. ..

1. Hoe meer materiale, hoe meer vreugde: beton, klippies, tropiese plante, kleurvolle blomme… te fraai!

2. Gepraat van klippies, al ooit gedink om jou hele sypaadjie bietjie karakter te gee soos hierdie voorbeeld?

3. Ons is mal oor die tamaai “stepping stones” wat moderne karakter aan hierdie ontwerp verleen.

4. Natuurlik is beligting nie net bedoel vir mure en plafonne nie, soos hierdie blink voorbeeld ons herinner.

5. Kyk net na die sagte styl wat hierdie sirkel-ontwerp van die sypaadjie geniet.

6. Houtplanke in ‘n netjiese formaat laat hierdie tuinpaadjie pragtig uitstaan.

7. ‘n Besige patroon wat kontrasteer met ‘n egalige ontwerp – dis mos nou hoe jou erf kan aandag trek.

8. Wat van ‘n paadjie wat jou huis se mure beklemtoon?

9. Vir die rustieke ontwerp stel ons hierdie klip patroon voor wat lieflik saamspeel met die muur se stene.

10. Nog ‘n wonderlike voordeel van klip is dat dit in soveel kleure beskikbaar is!

Volgende om jou te inspireer: 30 idees vir jou pergola en ander tuin strukture.

Cần giúp đỡ với dự án nhà của bạn?
Liên lạc!

Những nội dung đặc sắc từ tạp chí của chúng tôi